Jock Van Die Bosveld

$100.00

JOCK VAN DIE BOSVELD is een van die weinige Suid-Afrikaanse boeke wat as werklik klassiek bestempel kan word. Dit is die verhaal van Sir Percy Fitzpatrick se ondervindinge as jong prospekteerder en transportryer in die Oostelike Transvaalse Laeveld van die tagtigerjare. Die hoof persoon is egter nie die skrywer self nie, maar wel sy getroue hond, Jock, met wie hy sy spannende jag-.en ander avonture belewe. Die meeste van die gebeurtenisse het die skrywer oorspronklik aan sy kinders vertel – hulle het egter alleen geluister “as dit waar was”. Dit is juis vanweë hierdie egtheid en die lewendige styl dat Jock van die Bosveld vandag nog deur oud en jonk in Suid-Afrika as een van hul geliefkoosde boeke beskou word.

1 in stock

Categories: , Tags: ,