Dorsland-Awontuur By Coetzee, J. Albert

$150.00

South Africa: Voortrekkerpers Beperk, 1942 Uit die voorwoord: Een van die merkwaardigste episodes in ons geskiedenis is dié van die “Dorslandtrek”. Dit was ‘n beweging wat eintlik bestaan het uit verskillende Trekke wat tussen 1874 en 1905 deur die Kalahari-woestyn uit Transvaal onderneem is na Angola. Dit is een van die groot prestasies van die Afrikanerdom – ‘n prestasie van volharding en uithouvermoë, en daarby ‘n beskawingsprestasie, want in Angola het die Dorslandtrekkers ‘n belangrike aandeel gehad in die vestiging van die beskawing. Die vernaamste Trekke was in 1874, 1877, 1892, 1893 en 1905. In 1884 was daar ‘n Trek uit Angola na Damaraland; die meeste van hierdie Damaralandse Trekkers het later weer na Angola teruggekeer. In 1928 is die Angola-Boere, d.w.s. die Dorsland trekkers en hul nakomelinge, asook enkele Afrikaners wat in ons tyd per skip na Angola verhuis het, deur bemiddeling van die Unie-regering in Suidwes-Afrika gevestig; ek meen dat hul getal in 1928 gestel is op 1,842. Daar woon baie van hulle nou, hoewel die graftes van oom Giel Prens en andere ver in die noorde gebly het om te getuig van die bydrae van die Afrikaner dom tot die beskawing in die Portugese Ryk. As ons vra na die oorsake van hierdie beweging, dan is dit moeilik om ‘n afdoende antwoord te gee. Trekkers self maak wel melding van ontevredenheid met die bestuur van pres. Thomas Burgers, maar dit geld natuurlik alleen vir dié van 1874 en 1877. Die groot Dorslandtrek van 1877 het van Krokodilrivier begin omtrent dieselfde tyd toe Shepstone die Transvaal geannekseer het, maar toe was baie Trekkers al byna ‘n jaar lank van hul plase in die Transvaal af weg, sodat mens die anneksasie self nie eintlik as oorsaak kan beskou nie, hoewel die feit dat pres. Burgers oorsee gegaan het om geld te soek vir die Delagoa baai-spoorweg, wel bygedra het om ‘n vermoede te laat posvat dat Engeland naderhand ‘n seggenskap oor Transvaal sou verkry. Die prikkel tot die Trek van 1905 is duidelik genoeg: Dit was kort ná die Tweede Vryheidsoorlog, toe die Transvalers nie alleen hul onafhanklikheid as volk verloor het nie, maar armoede en ellende hul deel was onder die Milner-bewind; met familie of bekendes in Angola, is dit maklik verstaanbaar dat sommige mense in Transvaal hul waens ingespan het. Kort ná die oorlog het sommige Afrikaners immers ook na Argentinië verhuis. Maar wat omtrent die Trekke van 1892 en 1893? Die Trek van 1893 was nogal ‘n taamlike groot beweging. By die Dorslandtrek as ‘n beweging moet ons miskien baie diep gaan soek na die werklike beweegrede. Trekkers self is huiwerig om dié of daardie uitwendige omstandigheid as oorsaak te noem; hulle is geneigd om te glo in ‘n innerlike drang tot uitbreiding, en wel tot beskawingsuitbreiding. Dit sluit aan by ‘n opmerking wat De Volksstem in April 1891 gemaak het met betrekking tot die Adendorff-trek na die latere Rhodesië: ,In allegewesten onzer Rupubliek schijnen de nomadische instinc ten, welke zoo eigenaardig het Afrikaner-ras kenmerken, plot seling met hevigheid te zijn wakker geschud. Ook in den Vrijstaat en de Kaapkolonie openbaart zich opeens de steeds nog sluimerende zucht tot expansie als een heuchelijk bewijs hoe krachtig en levensvatbaar het Afrikaner-ras is.” Wat nou hier aangebied word – onder ‘n passender naam – is die derde druk van ,Die Swerwers – Sketse uit die Dors landtrek,” waarvan die eerste druk in 1925 en die tweede in 1926 verskyn het. Hier is egter nou ‘n paar stukke bygevoeg, nl. hierdie voorwoord, “Herinnering aan Angola” en “Die Laaste Trek”, en dan ook ‘n sketskaart en verskeie portrette wat ek in 1924 in Angola geneem het. “Die Laaste Trek” is bygevoeg omdat, sedert die tweede druk van hierdie sketse, die Dorslandtrek hervat is – na Suid wes – en ek graag die beweging in sy verdere verloop wou aandui.

 

1 in stock

Category: